Nuusflits

Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies word benoem vir 'n SAMA Toekenning!
 
Tuisblad
#3 Goggatjie Gaan Wildtuin Toe
 Goggatjie Gaan Wildtuin Toe

Koop hierdie CD:

 

Goggatjie vier sy 3de CD, Goggatjie Gaan Wildtuin Toe, met ‘n uitstappie na die Wildtuin! Die CD fokus op 3 lekkerluister stories, 9 kindergedigte en 2 liedjies rondom diere en die Wildtuin. Goggatjie speel weer lekker met die kinders, verskaf inligting en maak seker dat werklike dieregeluide die storievertel prentjie voltooi.

Die CD is propvol informasie oor die verskillende diere in die Wildtuin en die boekie bevat pragtige fotos wat die kinders in staat stel om die diere maklik te identifiseer.

Die lieflike storievertel talente van Mariëtte Engelen en Elma Potgieter dra by om die 3de Goggatjie CD nog ‘n wenner te maak. Die keer sluit Evert Snyman, die bekende en geliefde storieverteller van Radio Sonder Grense, by hulle aan. Saam laat hulle die pragtige stories en gedigte van die skryfster – Lily Krügel -  werklik lewe!

In haar Voorwoord skryf Lily:
“Na die eerste CD 'Goggatjie se Kinderstories', het ek briefies gekry van kleingoed wat aan my skryf hoe baie hulle die stories en gediggies van Goggatjie geniet. CDs met kinderstories verskaf meer as net vermaak aan kinders, dit stel hulle bloot aan taal, klanke, informasie, emosie en baie meer. Klein kindertjies wil graag leer, daarom kan hulle oor en oor na stories en rympies luister; dit laat hulle DINK en hulle wil graag daaroor PRAAT.”

Om die CD mee af te rond, is daar kinderliedjies van Graeme Sacks en Erika Strydom ingesluit. Dié twee is verantwoordelik vir die treffer CD Goggatjie se Kinderliedjies .  

Kliek hieronder om na uittreksels van Goggatjie Gaan Wildtuin Toe te luister:  

 

Goggatjie Gesels Oor Die Wildtuin:

Gedig: In Die Wildtuin:

Goggatjie Gesels Oor Diere Geluide:

Storie: Koning Leeu Verloor Sy Brul:

Goggatjie Beweeg Soos 'n Olifant:
 

Snitlys:
  1. Gogga Deuntjie 
  2. Goggatjie Gesels Oor Die Wildtuin
  3. Liedjie: Wilde Diere
  4. Goggatjie Gesels Oor Die Wilde Diere
  5. Gedig: In Die Wildtuin
  6. Goggatjie Gesels Oor Diere Geluide
  7. Storie: Koning Leeu Verloor Sy Brul
  8. Goggatjie Gesels Oor Wat Die Diere Eet
  9. Gedig: Raai Wat Eet Die Diere
  10. Gedig: Die Bokmakierie-Koor
  11. Goggatjie Gesels Oor Die Tarentaal
  12. Storie: Kolletjies Die Tarentaal
  13. Goggatjie Gesels Oor Drie Diere
  14. Gedig: Ou Skilpad
  15. Gedig: Die Swaeltjies
  16. Gedig: Geitjie Se Stert
  17. Goggatjie Gesels Oor Die Plaasdiere
  18. Liedjie: Dis Lekker Op Die Plaas
  19. Goggatjie Beweeg Soos Die Olifant
  20. Goggatjie Beweeg Soos Die Veldmuis
  21. Goggatjie Beweeg Soos Die Leeu
  22. Storie: Klasie Kraalogies, Die Veldmuis
  23. Goggatjie Gesels Oor Vriende
  24. Gedig: Janfiskaal
  25. Gedig: Die Likkewaan
  26. Goggatjie Gesels Oor Aandgeluide
  27. Gedig: Aand In Die Wildtuin
  28. Goggatjie Sê Totsiens
 
< Vorige   Volgende >
© 2014 Goggatjie se Kinderstories en Kinderliedjies